Veiligheid in die werksplek

  • 11 Desember 2020
  • 1945
  •  
  •  
  •  



Dit sluit personeellede in wat:
  • ‘n Beperkte area sonder die nodige toestemming binnegaan;
  • Nie die voorgeskrewe beskermende klere en veiligheidstoerusting gebruik nie;
  • Nie ‘n instruksie van hoe om beskermende klere en veiligheidstoerusting te gebruik, nakom nie;
  • Nie beperkende kennisgewings, tekens of instruksies nakom nie;
  • Opsetlike of onverskillige skade veroorsaak of enigiets wat voorsien is vir veiligheidsdoeleindes, misbruik; en
  • Die gesondheid en veiligheid van enige ander persoon bedreig as gevolg van onverskillige en opsetlike gedrag, sal skuldig bevind word aan 'n oortreding.

AANMELDING VAN ONGELUKKE OF BESERNGS
Alle ongelukke of beserings, hoe gering ook al, moet onmiddellik aan die betrokke bestuurder en die persoon verantwoordelik vir die MHB (Menslike Hulpbronne) funksie, gerapporteer word.

Maak asseblief gebruik van JD Implemente se opgeleide noodhulpwerkers om ligte beserings te behandel.

Waar die beseerde mediese hulp nodig het, moet daar onmiddelik by die noodhulpwerkers of MHB-personeel aangemeld word, sodat die nodige aandiensbeseringsvorms ingevul kan word en ‘n eisnommer vir u besering gekry kan word.

Indien die besering buite JD Implemente fasiliteite gebeur (op ‘n plaas tydens werksure) moet die ongeluk nog steeds so spoedig moontlik aangemeld word.
JD Implemente is nie verantwoordelik vir die koste van privaat dokters nie. Enige besering aan diens word slegs deur die hospitaal se ongevalleafdeling hanteer. 

Eisvorms moet saam met ‘n afskrif van u ID-dokument na die hospitaal gaan.

Opvolgondersoeke is belangrik, sodat die eis afgehandel kan word.

Baie dankie vir almal se samewerking om JD Implemente ‘n veiliger werksomgewing te maak.






Verwante Artikels

Verander Taal

English