JDI RTK Netwerk


Real Time Kinematic (RTK)

Intydse Kinematiese (Real Time Kinematic - RTK) satellietnavigasie is ‘n tegniek wat gebruik word tydens grondafmetings en selfstuur (landbou). Hierdie tegniek is gebaseer op fase-afmetings van GPS-syne waar ‘n enkele stasie die intydse regstelling na die voertuig (trekker, stroper ens.) stuur ten einde akkuraatheid tot ‘n enkele sentimeter vas te stel.


Hoe werk die intyds kinematiesestelsel?

Die RTK-stelsel bestaan uit ‘n stasie wat plaaslik naby die produsent se land gebaseer is. Hierdie stasie stuur regstellings na die StarFire 6000 ontvanger wat op die RTK-stelsel geïnstalleer is. Regstellings word dan op ‘n deurlopende wyse by die stasie gekontroleer, waar die GPS satelliete konstant die akkuraatheid van die posisie bepaal. Omdat die stasie nie beweeg nie kan foute intyds reggestel word. Hierdie variasies word dan via die RTK-stelsel se radio na die voertuig gestuur, waar die voertuig-ontvanger die inligting dienooreenkomstig gebruik om ‘n hoogs akkurate posisie te bepaal.


Die RTK sein het n radius van 20 km.

Akkuraatheid is +-2,5cm. ‘n Meer akkurate sein gaan n mens nie kry nie. Boere gebruik dit om tussen die vorige seisoen se stoppels te plant. Sy akkuraatheid bly dieselfde jaar na jaar waar die ander seine skuif dus is die spoorverkeer minder.

RTK GPS Koördinate

34’07’53,69”S | 20’18’20,79”E