Teen 1994 het die Swellendam werkswinkels so gegroei dat nuwe geboue opgerig moes word en die besigheid het uitgebrei na die buurdorp, Bredasdorp. Tien jaar later in 2004 het John Deere Suid-Afrika Emilius genader rakende die uitbreiding van die JDI-takke na die Oos-Kaap. Gevolglik is nuwe takke in Hankey, Addo en Cradock opgerig. Hierdie nuwe aanlegte het alreeds groot suksesse in die Oos-Kaap opgelewer. JDI het tans sestakke waarvan die nuutste een in 2016 in George geopen is. Die George-tak word tans as die sub-handelaar, Mbriers Landboudienste bestuur.
Emilius Tomlinson se twee seuns, Emile en Jason, maak ook ‘n integrale deel van die JDI besigheid uit. Die oudste, Emile het in 2010 by die besigheid aangesluit en is verantwoordelik vir die verkope in die Swellendam-, Heidelberg- en Barrydale-areas. Die jongste seun, Jason het in 2012 by sy pa en broer aangesluit en is betrokke by die presisieboerdery-besigheidsaktiwiteite van JDI.
Hoewel daar reeds baie verander het sedert die beginjare van die besigheidword JDI steeds met dieselfde beginsels bestuur wat die besigheid in staat stel om op ‘n volhoubare wyse produkte aan die agri-sektor te verskaf. Die oorspronklike familiebesigheid, wat eers ‘n privaat maatskappy was, is vandag ontwikkel tot ‘n suksesvolle korporatiewe onderneming.