Sedert 1896

Emilius Tomlinson is die Besturende Direkteur van JDI (J.D. Implemente) wat in 1896 begin is deur Emilius se oupagrootjie wat handel gedryf het as DM Tomlinson & Kie. Dié besigheid is destyds gestig om Massey-trekkers en landboutoerusting aan die boere in die Overberg-area te verkoop.

JDI is amptelik in 1960 onder leiding van Emilius se pa en oom in Swellendam gestig. Die daaruitspruitende John Deere agentskap is reeds vir die afgelope 59 jaar in bedryf en is die oudste John Deere agentskap in Suid-Afrika. Laasgenoemde is, iets waarop die Tomlinson-familie baie trots is.