Wen met JDI!

  • 30 Maart 2017
  • 4008
  •  JDI
  •  
  •  jdi



Die logo gee 'n ikoniese nuwe voorkoms aan die JD Implemente handelsmerk. Die sterk JDI letterwerk word gekomplimenteer deur die drievlakkige pylpunt wat vorentoe beweeg. Die drie vlakke verteenwoordig JDI se vennootskap met John Deere en Senwes, 'n kombinasie van drie entiteite wat sal voortgaan om uitstaande diens en produkte te lewer.

Ter viering van die nuwe logo en webblad, bied JDI jou, die leser, die geleentheid om 'n splinternuwe JD D110 Grassnyer ter waarde van R35 000 te wen. Al wat jy moet doen om jouself  'n kans te gun om te wen, is om JDI  te sms na 31022 voor 31 Augustus 2017. Lees eers die kompetisiereëls op die nuwe JDI webblad voordat jy inskryf. En terwyl jy daar is - kyk sommer na die nuusartikels, produkaanbiedinge en algemene inligting oor JDI op die webblad.

Let asseblief daarop dat die wenner beskikbaar moet wees om sy prys af te haal by die Agri Mega Week Ekspo in Bredasdorp vanaf 13-17 September 2017.






Verwante Artikels

Verander Taal

English