Tuisgemaakte JD Trekkerbed laat Boeta Soet Drome Droom

  • 30 Maart 2017
  • 3396
  •  JDI
  •  
  •  jdi



“Al wat hy wil doen is om die heel dag lank in die John Deere trekker op die plaas rond te ry. Sy liefde vir die John Deere trekker het my gemotiveer om vir hom 'n John Deere trekkerbed te bou. Ek wou vir hom iets van sy eie gee wat hy kan geniet en by die huis mee kan speel", sê Frans. 
 
En kyk net hoe oulik is die trekkerbed! Selfs die ligte werk. JDI Times het vir Frans en sy vrou, Isolde, gevra of hulle deur John Deere genader is om 'n speelgoedreeks te vervaardig of selfs 'n nuwe reeks beddens. “Nee, nee, nee, dit was 'n tydrowende en duur spulletjie en ek het dit vreeslik geniet, maar dis nie iets wat ek vir 'n lewe sal doen nie”, het Frans gesê.
 
Isolde sê Boeta was beslis verras toe die bed onthul is. "Hy het sommer dadelik ingespring met 'n groot glimlag op sy gesig.”
 
Frans sê dit het meer as twee weke geneem om die bed te voltooi aangesien hy net aan en af daaraan kon werk. Dit was ook uitdagend om sonder 'n plan te werk, maar dit was ook baie bevredigend. 
 
Soet drome Boeta, van almal by JDI. Die John Deere plakkers kom van JDI af.
 





Verwante Artikels

Verander Taal

English