Swellendam Skou spog met rekordbywoning in 2017

  • 30 Maart 2017
  • 3778
  •  JDI
  •  
  •  jdi



Die landboutema van die skou is beklemtoon toe sowat 100 produsente bymekaar gekom het in die JDI-tent op Saterdag, vir 'n toespraak deur die HUB van AgriSA, Omri van Zyl, oor die toekoms van landbou. Die mede-borge van die geleentheid was die Land Bank en die Nasionale Wolkwekersvereniging.

Skou

Ou Trekkertjie: Agri SA HUB Omri van Zyl spreek omtrent 100 produsente aan in die JDI Tent. In di voorgrond is ‘n ou trekkertjie, ‘n Model: D van 1945, hy was oorspronklik verkoop as nuut aan ‘n boer maar is latere jare weer ingeruil by JD Implemente, en is nou die eiendom van Emilius Tomlinson. Hy werk nog ten volle, maar weens sy antiekheid word hy slegs by skoue vertoon.

'n Ongekende aantal mense het vanjaar die skou, wat van 2 tot 4 Maart gehou is, bygewoon en meer as 7 000 kaartjies is verkoop. Volgens Mediaskakeling vir die skou, Miriam Basson, is die skou die "derde oudste voortgaande landbouskou in die wêreld en het dit 186 jaar gelede sy deure vir die eerste keer geopen. Ek sou nie graag wou spekuleer oor presies hoeveel mense die skou bygewoon het vanjaar nie, maar saam met al die uitstallers en genooide gaste was dit 'n indrukwekkende getal", sê sy.

Die skou het 'n feestelike atmosfeer in Swellendam geskep oor die naweek, met besoekers wat ruiterkuns, lewendehawedemonstrasies, die aanwys van die skou se skoonheidskoninging, die karnaval en, sonder twyfel, die hoogtepunt van die vermaaklikhede, 'n uitvoering deur Afrikaanse super sterre Bok van Blerk en Snotkop, geniet het.

Skou

Nog goeie nuus vir JDI personeel is dat die STHIL Groepsbestuurder, Louis Brooks, en sy viervoetige beste vriend, die hond Turbo, die eerste twee pryse by die hondeskou ingepalm het. Turbo het sy pad na die eindstreep oopgeblaf in die kategorieë: Beste Klein Hond en die Hindernisresies. Turbo, 'n skattige 11-week oue Beagle, se pryse het hondekos, 'n rubber hoender, 'n egte leer leiband, vlieg- en vlooimiddels en 'n R200 geskenkbewys, wat gebruik kan word vir 'n besoek aan die veearts of om aankope mee te doen by die veearts, ingesluit. Turbo se baas het 'n geskenkbewys vir 'n ete vir twee gewen. Baie geluk, Louis en Turbo, Woef Woef!






Verwante Artikels

Verander Taal

English