STIHL SA sterker na terugslag

  • 30 September 2021
  • 1490
  •  
  •  
  •  



STIHL SA in Pietermaritsburg se personeel het op 12 Julie die gebou ontruim en na hulle eie wonings en eiendomme gegaan om dit te beskerm. Op 13 Julie het die betogings geëskaleer en die betogers het toegang gekry tot STIHL se perseel. Strate was vol kragsae en ander STIHL toerusting wat weggedra is uit die perseel. Dieselfde dag nog het die kwaaddoeners die gebou aan die brand probeer steek. Die brandblusserstelsel het dit egter voorkom, maar die gevolg was dat al die oorblywende en toegesluite vooraad beskadig is.

Op 14 Julie het die ergste gebeur en die gebou is tot op die grond afgebrand. Miljoene rand se voorraad en toerusting is vernietig. Dit het gemaak dat STIHL Suid-Afrika tot stilstand gebring is. Dit het egter nie die span onder gekry nie. Met oranje bloed in hul are het hulle begin om planne te maak om weer aan die gang te kom.  Met nuwe kantore, ‘n nuwe pakhuis in Johannesburg en ‘n nuwe vervoermaatskappy het STIHL dit reggekry om binne 'n maand weer voorraad aan sy handelaars te verskaf. STIHL wêreldwyd het gehelp en voorraad is ingevlieg. STIHL SA is op hulle knieë gebring deur onvoorsiene omstandighede, maar hulle het gewys wat in hulle steek.

Vir JDI se STIHL-afdeling was dit 'n moeilike tyd. Vooraad en eenhede het skaars geraak en stadig maar seker het rakke leeggeraak. Vandag kan ons sê ons takke is weer aan die gang en verkope stabiliseer weer. Daar is wel nog uitstaande bestellings in die werkswinkels, maar die probleem behoort ook spoedig opgelos te wees.

 Hiermee bedank ons graag al ons STIHL-klante vir hul geduld en ondersteuning in die moeilike tyd.  Met die lente in die lug is ons gereed om al u STIHL-benodigdhede te verskaf. Kontak ons gerus vir enige navrae

Louis Brooks
STIHL Goepsbestuurder






Verwante Artikels

Verander Taal

English