Samewerkingsooreenkoms met Mbriers Landboudienste

  • 19 Augustus 2020
  • 2160
  •  
  •  
  •  nuus



Alhoewel ons in kompetisie was met Mbriers in die verlede, het JDI nog altyd die wyse waarop Melchior sy maatskappy bestuur het, gerespekteer. Baie van die waardes en beginsels wat hulle toepas, vorm die fondasie waarop JDI gebou is. Dit het daarom net sin gemaak om kragte saam te snoer. Beide maatskappye is dinamies en is deurlopend op soek na geleenthede vir uitbreiding. Dit is ‘n verhouding wat kan werk.

Mbriers bly ‘n onafhanklike entiteit van JDI, maar hulle sal die ekskulsiewe John Deere handelaar word vir die Riversdal en George-areas. JDI sal Mbriers ondersteun om die area so goed as moontlik te bedien. Die besluit is reeds deur die direksies van beide maatskappy goedgekeur, maar finale goedkeuring berus steeds by John Deere en word gedurende Augustus 2020 verwag.

Mbriers sal voortgaan om besigheid te bedryf vanaf sy huidige perseel in Riversdal. In George sal hulle egter na die perseel trek wat tans deur JDI gebruik word. Die eiendom in Tamsui Industria sal dus in die toekoms die plek wees vanwaar Mbriers besigheid sal bedryf.

Daar sal vanselfsprekend sekere administratiewe veranderinge wees wat verband hou met, onder andere, nuwe bankrekeninge en nuwe kontakpersone. Hierdie besonderhede sal op 'n later stadium gekommunikeer word.

Ons as JDI-span sien uit daarna om met Mbriers saam te werk. Ons is oortuig daarvan dat die sinergieë wat uit hierdie samewerkingsooreenkoms sal voortvloei, ook vir u as die kliënt voordeel sal inhou.
 
Indien u enige vrae het, skakel asseblief vir Emilius Tomlinson (082 900 3312) of vir Melchior Briers (082 822 4923).









Verwante Artikels

Verander Taal

English