RTK-Sein van die Tye word uitgebrei

  • 02 Oktober 2017
  • 2755
  •  JDI
  •  
  •  jdi



Die doel was om vir ons klante ‘n baie akkurate sein te verskaf en sodoende koste en tyd te bespaar. Dit was ook vir ons belangrik om tred te hou met tegnologie.
 
Die eerste oprigting was ‘n groot sukses, nadat ons ‘n windpomptoring staangemaak het bo op Luipersberg, sowat 10km van Swellendam. Ons het die eerste demonstrasie gedoen en weereens was dit ‘n reuse sukses. Produsente het begin inkoop op die toring en gou was daar ‘n hele paar masjiene opgelyn. 
 
Die woord het versprei en einde 2014 het ons ‘n toring te Bredasdorp opgerig, waar ons aan meer van ons klante 'n akkurate sein kon verskaf. 
 
So kon ons jaar na jaar nog torings oprig. Ondermeer torings in George en Riversdal. Drie nuwe torings is ook onlangs in Cookhouse opgerig. Volgens ons klante is hul baie tevrede met die sein wat ons aan hulle verskaf.
 
Daar is nog twee torings wat vir hierdie laaste deel van die jaar beplan word. Die presiese plekke sal later bekendgemaak word.
 
Besoek gerus ons webtuiste om die koördinate van hierdie torings te sien.
Ons beskik tans ook oor ‘n mobiele AMS-wa, wat gebruik word by boeredae waar ons toerusting vertoon word en advies verleen word.
 





Verwante Artikels

Verander Taal

English