Olympia Spesiale skool besoek George tak

  • 03 Julie 2018
  • 2906
  •  
  •  
  •  



Die skool beskryf die leerders as persone met 'n "effense kognitiewe agterstand" teenoor ander leerders. "Hulle kan dus nie inskakel by die hoofstroom kurrikulum nie en volg 'n program wat meer geskoei is op die ontwikkeling van praktiese vaardighede.” Kinders van die skool, wat te Pacaltsdorp geleë is, kom van sover as Riversdal en Plettenbergbaai.

Tydens hul besoek aan die tak is hulle blootgestel aan John Deere trekkers, gators en grassnyers. Die kinders, soos gesien kan word op die foto's, plant hul eie groente en werk met beeste op die stukkie grond wat aan die skool behoort. Die Landbou-onderwyser by die skool wou hulle graag wys hoe 'n organisasie soos JDI werk.

Hulle het ook video's gekyk van John Deere masjinerie in aksie en is onthaal met lekker bederfies en 'n sak geskenkies. 






Verwante Artikels

Verander Taal

English