Luister! Luister! - JDI Deel van Nampo Kaap

  • 03 Julie 2018
  • 3899
  •  
  •  
  •  



Graan SA, die organiseerders van die grootste gebeurtenis op die landboukalender in Suid-Afrika en die Suidelike Halfrond, naamlik die Nampo Oesdag naby Bothaville, het besluit om hierdie eerste Nampo Kaap agri-skou aan te bied.

Die Nampo Oesdag het vanjaar 'n rekordgetal van 82 817 besoekers tydens die 4-dag geleentheid gehad!

JDI is baie trots en opgewonde om hierby betrokke te wees en sal ook sy eie stalletjie by die skou hê, volgens Du Toit Wessels, Graan SA se assistent bemarkingsbestuurder: “Dit beloof om 'n wonderlike drie dae te wees waartydens produsente en besoekers die beste uitstallings van die grootste belanghebbendes in landbou kan ervaar.”

Besoekers sal ook gesprek kan voer met die JDI-span, wat produkte van John Deere, JCB, Lemken en Stihl sal uitstal. Ons sal natuurlik ook die John Deere klerereeks en speelgoed uitstal, wat te koop sal wees. 

Nog opwindende nuus is dat die land se bekende landbougesprek, Nasie in Gesprek, opgeneem en lewend uitgesaai sal word vanaf Nampo Kaap, net soos dit vanaf die Nampo Oesdag gedoen word.

Ons sien uit daarna om jou by die eerste Nampo Kaap te sien!






Verwante Artikels

Verander Taal

English