Kennisgewing aan klante

  • 03 Julie 2018
  • 2473
  •  
  •  
  •  



JD Implemente se missie is om belyn te bly met die nuutste tegnologie en beste boerderymetodes.  Ons bied ‘n 2-jaar waarborg op alle nuwe trekkeraankope en 'n merietewaarborg van tot 5 jaar.

Dit is vir ons aangenaam om u in kennis te stel dat JD Implemente, in samewerking met Senwes, besig is met die ontwikkeling van ‘n groter, beter tak vir die Kirkwood omgewing. Die nuwe tak sal in die hoofstraat van Kirkwood gebou word. Die huidige tak sal dus skuif vanaf Addo na Kirkwood. 

Hierdie tak sal beskik oor:
  • ‘n Verkoopsman, 
  • ‘n werkswinkel met 2 opgeleide John Deere werktuigkundiges
  • ‘n onderdele-afdeling
Dit sal die tuiste wees van die nuwe John Deere boordtrekker. Hierdie trekker is ideaal vir die omgewing se boorde.

EH Tomlinson






Verwante Artikels

Verander Taal

English