JDI-span besoek JCB in Engeland

  • 03 Julie 2018
  • 2315
  •  
  •  
  •  



Die toer het ingesluit 'n besoek aan die JCB VIP Besoekersentrum, die TLD & Telehandler, JCB Powermax Engine, Loader & Fastrac Innovation Centre, JCB Earthmowers, JCB Landpower Factories sowel as die World Parts Centre.

Driaan sê: “Ons het ook die JCB test Quarry besoek, waar die produkte tot die ekstreme getoets word. Ons het die geleentheid gehad om persoonlik die JCB Fastrac deur sy passies te sit. Dit was ongelooflik om te sien hoeveel beplanning en ontwikkeling daarby betrokke is om top kwaliteit masjiene en produkte te vervaardig. Hulle (JCB) spandeer ook baie tyd en geld op die verbetering van hul produkte en die uitbreiding van hul reekse.”

Driaan het bygevoeg: “Ons is werklik bederf deur JCB en dit is wonderlik om te weet dat die JCB produkte wat ons by JDI verkoop, werklik van 'n wêreldklasmaatskappy af kom. Ons is trots daarop om hul verskaffer in die Kaap te wees.






Verwante Artikels

Verander Taal

English