JDI ONDERSTEUN NAMPO KAAP

  • 09 Maart 2018
  • 2565
  •  
  •  
  •  jdi



 
"JDI is sedert die eerste demonstrasiedag reeds betrokke by die Bredasdorp gemeenskap en ons sal deel wees van hierdie een ook,” sê Emilius Tomlinson, JDI Besturende Direkteur.

“Besoekers aan die JDI stalletjie kan vanjaar uitsien na die nuutste masjinerie, tegnologie en raad om die beste uit boerderypraktyke te kry. Ons nooi almal uit om ons stalletjie te besoek!”

Die handelskou sal daarop fokus om iets vir almal in landbou te bied en het ten doel om 'n basis daar te stel vir die verskaffing van landbou-inligting, 'n markplek, netwerkgeleenthede en bymekaarkomplek vir alle belanghebbendes betrokke in landbou. Daarbenewens sal die bekende landbougespreksprogram, Nasie in Gesprek, ook gesprekke relevant tot die sektor by die geleentheid verfilm. Moet dit nie mis nie!

Graan SA se HUB, Jannie de Villiers, sê dat Graan SA graag sy kundigheid met Bredasdorp Mega Park NPC will deel as bydrae tot landbou in die Wes-Kaap.






Verwante Artikels

Verander Taal

English