JDI ‘n Wenner by 2018 Swellendam Landbouskou

  • 12 Maart 2018
  • 2315
  •  
  •  
  •  jdi




Die skou is hierdie jaar vir die 187ste keer aangebied vanaf 1-3 Maart by die Swellendam skougronde. “Ons is trots op hierdie toekenning en sal in 2019 weer deel wees van die skou,” sê Emilius Tomlinson, Besturende Direkteur van JDI.

Die verskeidendheid stalletjies het vele lekkernye en kykgenot verskaf. Natuurlik was JDI ook deel van hierdie geselligheid en ‘n klomp heelgoedere en implemente is uitgestal, van ‘n D110 grassnyer tot ‘n R4045 spuit.  RTK se presisiewa was daar om die gemeenskap met inligting te bedien.   

Die tema van die jaar se skou was “Royalty” en daar was meer as genoeg vermaak vir oud en jonk. Welbekende Herman Lensing het Saterdag 200 dames tydens die damesoggend heerlik laat saamkuier om sy spesiale “Royalty”-disse en kunstenaars soos Arno Jordaan en die Heuwels Fantasties het gesorg vir ‘n heerlike musiekfees Saterdagaand. Daar is ook  geskou met beeste, pluimvee, skape, SA Boerperde, SA Vlaamse perde, SA Friesperde asook Walliese ponies, honde en katte en die jeugskou het ook gesorg vir sy verrassings.





Verwante Artikels

Verander Taal

English