JDI ‘n trotse borg van Nasie in Gesprek by Nampo Kaap!

  • 27 September 2018
  • 2066
  •  
  •  
  •  



Rian Joubert, JDI se Finansiële Direkteur, was deel van die paneelbespreking wat op Die Jeug in Landbou gefokus het. Die gesprek het die persepsies van die jeug oor landbou en hoe hulle moet verseker dat daar genoeg geleenthede binne landbou is uitgelig. Tydens die bespreking het Rian genoem dat die rede vir die fokus op die jeug is dat die land 'n ernstige werkloosheids¬probleem het en "die jeug moet weet van al die werksgeleenthede regdeur die voedselwaardeketting”. 

Ander onderwerpe wat oor die drie dae bespreek is het ingesluit: Hoe skep ons nuwe energie in landbou, Die rol van intensiewe veeboerdery in volhoubare vleisproduksie; Wat hou die toekoms in vir alle belanghebbendes in die garsbedryf? asook Opleiding en opleidingsfasiliteite in landbou.

Besoek www.nationinconversation.co.za om die volledige besprekings te kyk. 






Verwante Artikels

Verander Taal

English