JDI deel van die eerste Nampo Kaap!

  • 27 September 2018
  • 2660
  •  
  •  
  •  



Die geleentheid, wat 16 245 besoekers oor die drie dae ontvang het, is 'n soortgelyke geleentheid as die Nampo Oesdag wat jaarliks naby Bothaville in die Vrystaat gehou word. 

Die JDI-stalletjie het John Deere speelgoed uitgestal, wat 'n paar dae voor die skou vanaf die VSA ontvang is, sowel as John Deere klere. Die JDI-span was ook aan diens om meer inligting oor John Deere en JCB-toerusting, aan klante wat daarin belangstel, te verskaf. 

JDI se BD, Emilius Tomlinson, sê dat die geleentheid sy stoutste verwagtinge oortref het. “Ons het 'n rekord omset in terme van John Deere speelgoed en klere behaal en 'n ongelooflike aantal leidrade vir besigheid en belangstelling in ons John Deere en JCB toerusting ervaar. Ek wil graag die organiseerders gelukwens met 'n fantastiese skou en Nampo Kaap verseker dat JDI volgende jaar terug sal wees, groter en beter!”

JDI was ook 'n trotse borg van die Nasie in Gesprek-program, wat lewendig vanaf Nampo Kaap uitgesaai is. Besoek www.nationinconversation.co.za om na die gesprekke te kyk. 






Verwante Artikels

Verander Taal

English