JDI by die Riversdal Landbouskou

  • 12 Maart 2018
  • 2606
  •  JDI
  •  
  •  jdi




Tans is Riversdal Landbouskou die tweede grootste skou in die Wes-Kaap. Meer as 10 000 mense het die skou bygewoon. Besoekers van regoor die land, het hulle kom verkyk aan die vele uitstallers en verlustig in die heerlike skaapbraai en skaapkopete. Daar was selfs ‘n regstreekste demonstrasie van die brandweer en Working on Fire wat gewys het hoe ‘n brand hanteer word in die veld of in ‘n woonhuis.

Die skou word ook gekenmerk deur sy kompetisies, soos die SA Merino Classics, Merino Woldrakompetisie, Boerboel-, Hereford- en Perdekampioenskappe  asook die eienaardigste hoenderrasse.

JDI se stalletjie het van oral besoek gehad en die verkoopsmanne kon na hartelus hul passie vir trekkers en implemente met die publiek deel. Volgende jaar sal die span definitief weer daar wees om die nuutse werktuie en tegnologie te bied. Dankie ook aan die publiek wat die skou en JDI se stalletjie ondersteun het.






Verwante Artikels

Verander Taal

English