JDI Boodskap van die Besturende Direkteur

  • 30 Maart 2017
  • 2659
  •  JDI
  •  
  •  jdi



Onder die huidige politieke en ekonomiese omstandighede word geen persoon gespaar nie. Ons Amerikaanse vriende het egter vir ons bewys dat politieke onstuimigheid nie beperk is tot derdewêreld-lande nie!

Boerdery in Suid Afrika is egter ‘n perd van ‘n ander kleur en om in die huidige klimaat relevant te bly, is ‘n voortdurende uitdaging.

Die 2017 finansiële jaar was ‘n jaar van uitbreiding vir JD Implemente.

Met die ondersteuning van Senwes het die maatskappy sy handelsmerk verander na ‘n verkorte (en baie nuwerwetse) weergawe - JDI. Die nuwe logo met die groen en geel is simbolies - nie net vir ons John Deere produkte nie, maar ook vir die omgewing.

Die nuwe beeld van die maatskappy word ook ondersteun deur die bekendstelling van JDI se nuwe webwerf. Die nuwe webwerf is ‘n uitstekende platform om die maatskappy te bemark, maar ook ‘n makliker manier vir klante om toegang te kry tot JDI inligting en produkte. Gaan kyk gerus na die versamelling van tweedehandse goedere.

Dit is ook vir JDI ‘n voorreg om die George gebied by Agrico oor te neem. Vanaf 1 Augustus 2017 sal JDI die amptelike John Deere handelaar vir hierdie gebied wees. Ons is tans in proses om die tak te vestig en dit deel te maak van die JDI-familie.

Terwyl baie gebiede in die boerderygemeenskap deurgeloop het onder droogte, is JDI dankbaar dat die meeste JDI-gebiede goeie reën en gunstige boerderyomstandighede rapporteer.

JDI kyk ook met afwagting na die voltooiing van die nuwe Bredasdorp werkswinkel. Hierdie projek, wat bestuur is deur Johan le Roux van Senwes, is ‘n aanduiding van JDI se toewyding tot die gebied. Die werkswinkel beloof om baie van die frustrasies wat die tak beleef het, op te los.

Daar is ook ‘n paar toekomstige projekte waarna ons uitsien – die nuwe Presisiewaentjie en die kleiner John Deere spuit, om maar net ‘n paar te noem (daar is ‘n paar wat ons nie noem nie!)

Die jaar wat voorlê is beslis nie sonder uitdagings nie, maar JDI is opgewonde oor wat voorlê vir die maatskappy en Suid-Afrikaanse boere.

Emilius Tomlinson






Verwante Artikels

Verander Taal

English