JDI Besturende Direkteur, Emilius Tomlinson, word 60!

  • 02 Oktober 2017
  • 2581
  •  JDI
  •  
  •  jdi



 
JDI Nuus -  As daar 3 groot aspekte is in terme van hoe JDI verander of ontwikkel het vanaf die tyd wat jy begin werk het tot nou toe, wat sal dit wees?
ET:
  • Die suksesvolle samesmelting met Senwes.
  • Uitbreiding sedert 1960 van een tak na ses volwaardige John Deere takke.
  • Groot hoeveelheid beskikbare voorraad op hande weens die samesmelting met Senwes.
 
JDI Nuus - Hoe oud was jy toe jy aktief by JDI begin werk het en wat was jou grootste prestasies tot nou toe.
ET: Ek was 24 jaar oud. Vir my is dit om nog steeds een van Suid-Afrika se John Deere handelaars te kan wees!
 
JDI Nuus:  JDI is ‘n familiebesigheid - wat is die geheim van ‘n suksesvolle familiebesigheid?
ET: Die belangstelling in die besigheid is van jongs af gekweek. Die familie het hulle volgehoue ondersteuning vir die besigheid, sy personeel en die klante gegee.
 
JDI Nuus: Met die uitbreiding van die JDI handelsmerk en nuwe takke, wat is die maatskappy se uitdagings vir die toekoms en hoe is julle daarvoor gerat?
ET: Dit bly 'n uitdaging vir JDI om sy intieme, plattelandse gevoel te behou, wat uniek is aan die besigheid. Die sleutel tot JDI se sukses bly die kwaliteit van die personeel wat die besigheid aanstel.
 
JDI Nuus: Wat kan klante na uitsien in die toekoms?
ET: JDI se doel bly om ‘n gesonde John Deere handelaar te wees, wat die kwaliteit diens lewer wat klante verwag en wat boere die geleentheid gee om die nuutste tegnologie in die bedryf in hulle boerdery te gebruik. As gevolg van die samesmelting met Senwes, is voorraad ook vinniger beskikbaar vir die klant.
 
JDI Nuus: Hoe lank sal jy nog aktief betrokke wees by JDI?
My lewe is John Deere en solank ek nog ‘n positiewe bydrae tot die sukses van JDI kan maak, sal ek altyd my beste gee.
 
JDI Nuus: Hoe belangrik is die familie se ondersteuning?
ET: Familie-ondersteuning is baie belangrik, nie net vir die besigheid nie maar ook vir klante en personeel. Familie-ondersteuning is die behoud van ‘n familiebesigheid.
 





Verwante Artikels

Verander Taal

English