JDI Beïndruk by Agri Mega Week

  • 02 Oktober 2017
  • 2653
  •  JDI
  •  
  •  jdi



Nieteenstaande die koue en winderige toestande, het baie mense die elemente trotseer om te kom kyk na die indrukwekkende John Deere en JCB masjinerie by the JDI stalletjie. 'n Stihl mobiele uitstallingsvoertuig was ook byderhand om die reeks beskikbare Stihl-produkte te demonstreer. Lede van die JDI-span van verskeie takke het die stalletjie op verskillende dae tydens die skou beman, wat vanaf 13 September tot 16 September gehou is. Benewens die massiewe en effektiewe masjinerie op skou, het die John Deere klerereeks en die presisieboerderystalletjie ook baie aandag getrek.
 
AgriMegaWeek het ontwikkel in en word bemark as 'n gereelde gebeurtenis om besigheid te genereer en te stimuleer en om werkbare oplossings te vind vir landbou op 'n unieke en praktiese wyse. Besoekers is getrakteer met uitstallings, demonstrasies, konferensies, vars produkte, kompetisies en pret vir die hele gesin.
 
“AgriMegaWeek is 'n belangrike gebeurtenis vir JDI - dit is die perfekte platform vir die tentoonstelling van ons produkte en dienste,” sê JDI se Emilius Tomlinson.
 
Baie leidrade en belangstelling is gegenereer en die hoogtepunt was toe John Deere Financial se Nelia Grobbelaar, die verkoop van 'n nuwe JD 6M tractor by die JDI-stalletjie gefinaliseer het!  Besoek die JDI webtuiste en Facebook blad vir meer foto's en inligting oor JDI se teenwoordigheid by die AgriMegaWeek 2017.
 





Verwante Artikels

Verander Taal

English