Hoe om 2018 te oorleef: Driaan Schwartz, JDI Verkoopsbestuurder

  • 12 Maart 2018
  • 2505
  •  
  •  
  •  jdi




Hoe impakteer die huidige toestande (droogte) die mark in ten opsigte van verkope?
Met n droë 2017 seisoen agter die rug en 'n redelike droë begin van die 2018 seisoen, is verkope baie stil sover vir die jaar. Baie van ons klante het verlede jaar slegs sowat 50% van hulle jaarlikse reënval gehad en sover lyk dit of hierdie trant gaan aanhou vir 2018. Die totale oeslewering vir die 2017 seisoen was omtrent 40% laer as die vorige jaar.

Watter middele of strategie stel jy voor om die hedendaagse uitdagings te bowe te kom? 
Met al die nuwe boerderypraktyke en al die tegnologie in die presisieboerderyafdeling dink ek die nodige hulpmiddels is beskikbaar om die boere te help om meer produktief te boer.

Is daar enige interessante modelle of nuwe masjiene wat in die vooruitsig is? 
Ons wag in spanning vir die nuwe S700 Series stroper wat op pad is en sal graag wil sien hoe die reeks gaan voort bou op die sukses wat ons tot dusver gehad het met die S600 Series stroper.

Wattter advies sal jy vir 'n koper gee wanneer dit kom by aankope? 
Ek probeer altyd vasstel of die klant nie oor 2 of 3 jaar 'n groter planter of implement sal wil koop nie en sal dan aanbeveel dat hy, indien moontlik, 'n groter model koop as wat hy tans nodig het.

Wat is jou algehele gevoel en uitkyk vir die jaar 2018? 
Met die huidige droogte en al die stories in die media oor grondonteiening sonder vergoeding, dink ek 2018 gaan 'n jaar wees waarin almal dit net rustig gaan vat en probeer oorleef .

 






Verwante Artikels

Verander Taal

English