Gedagtes vir 2019

  • 21 Januarie 2019
  • 1837
  •  
  •  
  •  



DRIAAN SCHWARTZ - HEELGOEDERE
2019 gaan dalk nog 'n moeilike jaar wees vir die landbousektor. Die depresiasie van die rand maak dat dollargebaseerde invoerprodukte nog meer onbekostigbaar word vir baie boere. Dan is daar die kwessie van grondonteiening wat ook nog hangende is, wat maak dat sommige boere eers so bietjie hul uitbreidings  “op ys” sit om eers te sien wat gaan gebeur. Die langtermyndroogte in sekere gebiede en die stygende brandstofpryse maak dat boere al hoe meer produktief en doeltreffend moet wees om 'n bestaan te kan maak.

Die gedugte JDI-verkoopspan staan egter altyd reg om ons klante te help en te ondersteun deur die moeilike tye en die beste van 2019 te maak! 

LEZELLE VAN ZYL – ONDERDELE
Ons sien uit na 2019 met al sy uitdagings. Die weersomstandighede is onvoorspelbaar, maar ons is positief daaroor dat JDI in 2019 net nog meer van krag tot krag sal gaan. Vanaf Onderdele - ons sien uit daarna om weereens uitnemende klantediens te lewer.

JURIE VAN BRAKEL – WERKSWINKEL
In die verre verlede het die ouer mense altyd gesê: "As jy kyk na die eerste twaalf dae van Januarie, sal jy weet wat is die twaalf maande se weer." Vir 2019 hoop ons hierdie ou mense is reg. As die diensafdeling iets aanpak, doen ons dit voluit en met oorgawe en ons doen dit die eerste keer reg.

JDI personeel is gereed vir 2019. Ons streef daarna om ons slagspreuk ten volle uit te leef: ALTYD GEREED OM TE DIEN







Verwante Artikels

Verander Taal

English