Fondsinsameling vir produsente in nood - 27 Julie 2017

  • 31 Julie 2017
  • 2385
  •  JDI
  •  
  •  jdi




Die gassprekers vir die aand was: Weeber Truter (Voormalige voorsitter van die Harold boerevereninging) asook sybokhaar produsent, CJ Stander (Rugbyspeler - Voorheen vir die Lions en Britse Leeus, tans speel hy in Ierland en boorling van George en JDI klient); Omri van Zyl van Agri SA asook Ollie le Roux (Oud-Springbok) en JDI klient.

CJ Stander het 'n bemoedigende boodskap gelewer: ”As ‘n mens op jou laagste is is daar hulp, en die gemeenskap moet hande vat en uitreik na mekaar in goeie en slegte tye”.

Omri van Zyl het meer inligting gegee oor landboustatistieke en die toekoms. Ollie le Roux het soveel mense se harte aangeraak met sy boodskap “Wanneer jy in moeilike tye is, weet dat God daar is, jy moet net vra”. In sy toespraak deel hy ook ‘n stukkie eie getuienis oor sy lewe en geloof.

Sy woord van bemoediging aan al die produsente was dat hul ‘n integrale deel van ons land uitmaak en 'n spesiale plek in almal se harte het. Dat hul na mekaar moet uitreik en nie moedeloos raak nie. Hy moedig die produsente aan dat hul deur die droogte sal kom, en dat hul weer op hul beurt aan ander produsente hulp sal skenk.

Tydens 'n veiling onder leiding van Renier Zietsman het witblits, wyn, volstruisleerskoene, krokodilleerskoene en rugby-aandenkings wat geskenk is, onder die hammer geval. CJ Stander het ‘n rugbytrui geskenk wat opgeveil was vir R11 000, terwyl ‘n John Deere speelgoedtrekker met baler ‘n bedrag van R3 200 behaal het.

Die aand was u reuse sukses! Baie dankie aan al JDI se ondersteuners wat gehelp het om die aand onvergeetlik te maak.







Verwante Artikels

Verander Taal

English