En so eindig die finansiële jaar… deur Rian Joubert

  • 30 April 2019
  • 2761
  •  
  •  
  •  



Toe Mnr Jacob Zuma gevra is om af te stap en Mnr Cyril Ramaphoza ingehuldig is as President van Suid-Afrika het daar ‘n groot hoop in Suid-Afrika onstaan wat in die geskiedenis boeke opgeteken staan as Ramaphoria. Almal wat kenners is het egter gewaarsku dat daar ‘n groot herbou proses begin moet word.

Ek twyfel of enige iemand reg was vir die storm wat losgebars het. 

Die geraamtes het een na die ander uit die kas begin klim en net as mens gedink het die ergste is oor het die volgende storie gebreek. Jacques Pauw se boek (en meer onlangs Pieter-Louis Myburgh) het grusame verhale van korrupsie vertel. Die moontlikheid van ‘n afgradering, VBS Bank, SAL en Eskom se finansies, Steinhoff…En toe loadshedding…net om ‘n paar van die uitdagings te noem.

So in die lig van hierdie negatiewe agtergrond het JDI redelik goed gedoen om in een stuk deur 2019 te kom. ‘n Groot rede vir die positiewe uitkoms was dat JDI het in 2019 ‘n nuwe produk in die mark bekend gestel. Die ‘orchard cab’ trekker is spesifiek ontwerp vir sitrus boere wat kleiner trekkers gebruik wat tussen die boorde inpas. Die mark het goed gereageer op die produk en ons het veral in Addo markaandeel begin terugwen.

‘n Effek van die negatiewe ekonomiese omstandighede was dat die verkoop van groot meganiese eenhede (Combines, Self-propelled sprayers and 8R tractors) het wesenlik gedaal. Weens die onsekerheid oor grond en druk op finansies het baie boere verkies om by die kompetisie trekkers te koop of om bloot ‘n laer spesifikasie trekker te neem.

JDI het vir daardie rede meer klem geplaas op die uitbreiding van ons JCB produkte en dienste. Die maatskappy het ook in die huidige jaar ‘n invoerpermit bekom wat ons in staat stel om self invoere te doen.

Kompetisie is sterk – en ons het gesien dat al die groot spelers in die trekkermark al hoe harder baklei vir ‘n groter aandeel in die mark. In baie gevalle moes JDI kompeteer met pryse wat nie volhoubaar is nie – ons bly egter glo dat John Deere ‘n uitstekende produk is en dat JDI die diens kan gee wat ons boere verdien. Kwaliteit diens  en veral ‘after-sales’ dienste bly van kardinale belang. 
  
Die verwagting vir die komende jaar is dat meeste JDI areas behoort normale reënval te hê. Terwyl dit ‘n positiewe aanduiding is moet dit ook genoem word dat die verkiesing hang egter oor 2020 en daar is huidiglik groot beleid onsekerheid in mark, veral in terme van grond. Dit mag kapitale spandering wesenlik affekteer.

By JDI bly dit egter “business as usual”. Ons is trots Suid-Afrikaans en glo steeds dat hierdie ‘n wonderlike land is.

Die uitdagings is geleenthede wat ons moet aangryp. Soos Ester is dalk nodig vir ons om te hoor dat ons geroep is vir tyd soos hierdie. As dinge begin moeilik raak moet ons onsself herinner dat ons moet opkyk en moet weet waar ons hulp vandaan kom. 






Verwante Artikels

Verander Taal

English