En die wenner is…

  • 18 September 2017
  • 2673
  •  JDI
  •  
  •  jdi



Charl het sy prys op 16 September 2017 by die JDI stalletjie tydens ‘n bewolkte Agri Mega Week 2017 kom afhaal en was baie in sy skik toe hy die prys op die waentjie laai vir die pad terug na Bothaville.
 
Die kompetisie het oor die bestek van die laaste 6 maande op JDI se sosiale media platforms gehardloop en het ongelooflik goeie blootstelling vir die nuwe JDI logo bewerkstellig. Nagenoeg 1500 inskrywings is ontvang waarvan Charl die gelukkige wenner was wat nou sy grasperk met die spoggerige, nuwe JD D110 grassnyer gaan fynkam.
 
Dankie vir almal se inskrywings. Maak seker julle besoek gereeld ons JDI Facebook en webblad vir inligting en nuus wat jy nie kan bekostig om te mis nie. JDI – Altyd Gereed Om Te Dien
 





Verwante Artikels

Verander Taal

English