Rekordoes vir kanola verwag

  • 19 November 2020
  • 1260
  •  
  •  
  •  nuus



Dié rekord sal na verwagting met 29% oortref word en word toegeskryf aan die ideale produksie-omstandighede van die afgelope seisoen.

Die Soill-kanola-oliepers in Swellendam het teen 12 November reeds sowat 140 000 ton kanola ontvang, 20 000 ton meer as die vorige rekordoes wat in 2014 geproduseer is. Berekeninge toon dat daar nog minstens 10 000 tot 15 000 ton kanola na dié oliepers op pad is.

Produsente is dit eens dat dit ʼn baie goeie jaar vir kanola was en dié sentiment word beaam deur die feit dat daar vanjaar heelwat meer as 2 ton per hektaar geproduseer is. Die 120 000 ton wat in 2014 geoes is, is op 91 000 hektaar geproduseer, terwyl vanjaar se rekordoes op slegs 73 000 hektaar geoes word. Op die keper beskou, beteken dit dat daar bykans 20 000 ton meer kanola gaan wees as voorspel deur die hoogste vooruitskatting.






Related Articles

Change Language

Afrikaans